HemelBesem

Vir HemelBesem gaan amper alles oor Afrikaans, Kultuur en Kuns.

Of dit nou is deur musiek, panel diskussies, televisie, sy skrywes of musiek. Jy sal sy boodskap hoor. Amper altyd gaan dit oor die inklusiwiteit van die taal, die klanke, varieteite en uiteindelik die belangrikste van als, die groei van die taal.

Vir die laaste paar jaar het hy deur inoverende maniere hierdie taak voort gesit en is wyd bekend as n brugbouer van formaat wat die taal en sy kulture wat dit beoefen betref. Benewens pryse wat hy al ontvang het oor die jare heen, en uitsonderlike trugvoer vanuit die industrie sowel as literatuur en taal pundits vir als wat hy aanpak, skuif hy steeds grense met wat hy doen. Hier volg ‘n tegniese opsomming van Simon Witbooi aka HemelBesem se brugbouers werk wat Afrikaans die taal, Kultuur en Kuns aanbetref.

Toekennings

  • Kunste Onbeperk Kruispunt Toekenning 2016 (Vir brugbou werk in Afrikaans)
  • Kanna 2016 (vir Die Afrikaansvatter: Beste Musiek Produksie . Eie teks en regie)
  • WoordTrofee wenner 2016 (Adam Small Tribute Show)
  • 2x Hip Hop (2010 & 2014) Indaba Kampioen (Freestyle Kampioen) steeds onoorwonne.
  • 2x Silwer Toekennings Montagu Kunstefees (Vir twee karakters uitgebeeld in “Sneeuwitjie en die sewe bergies.” ‘n Verwerking van Pieter W Grobbelaar teks)
  • Twee nommer 1 liedjies “Hoe Salla” en “YMCMBESEM” op GoodhopeFM

Televisie

  • TV Aanbieder vir die program Pasella op SABC 2 (en het ook aangebied vir Supersport se Wereldbeker programme)
  • Akteur in die Noem My Skollie (Suid Afrika se hoop op n Oscar Toekenning 2017)
  • Ko Produseerder (Saam met o.a. Coenie de Villiers) en akteur in die baanbreker Dokumentêr “Vat die Rap” vir Kyknet
  • Musiek videos wat die rondtes doen “Moenie Worry Nie ft Gian Groen, Dennis Stander en Rayelle Goodman”, Noem My Skollie title lied vir die fliek, “Pampoen” Saam met Steve Hofmeyr, “Ek wil jou ken” Saam met o.a. Whaden Johannes,“YMCMBESEM”, “Hoe Salla”, It Takes a Village ft Meli Grey, ensv,
  • Deel van die cast van die “mocumentary” previews vir die “Sy klink Soos Lente”
  • 2017 sal sy eie TV Program “HemelBesem, Die Afrikaansvatter” op Kyknet verskyn en beloof om ‘n treffer te wees.
  • Het al verskyn op televisie programme soos
    • SABC – “Noot vir Noot, Naweek, Hectic Nine9, Pasella, Expresso, Morning Live,
    • DSTV – Fiesta (Kyknet), Hip Hop Show(MK89), Varsity Sing (Kyknet), Youth Program (Cape Town TV), Kwela (Kyknet), Jou Show (Kyknet) Flits (Kyknet), Groot Ontbyt (Kynet),

Musiek

Het onafhanklik die volgende albums uitegreik:

  • Dink ‘n Bietjie was die eerste Afrikaanse Hip Hop album wat in die Bolandverskyn het en was later verwerk as O.B. (Beste opgepaste Baba) album waarvan sowat 38 000 eksemplare uitgegee in sogenaamde agtergeblewe gemeenskappe in veral die Boland en Noord Kaap.
  • Auto-Bio-grafie, Die Woester Standard, Evil is maklik, Uwil isi Makliki, asook Double Story (met Isaac Mutant) het toe gevolg.
  • Onder BLM Music You Must Come Meet Besem en toe die self getitelde album HEMELBESEM

Brugbou deur musiek:

  • Pampoen” saam met Steve Hofmeyr, “Luister” met Coenie de Villiers, “Die tyd is nou” met Anders en daar is nog baie in die pyplyn. Ander kunstenaars met wie al gewerk is tel in van Cape Malay Choir tot opera sangers soos James Bhemgee

Optredes: o.a. Skouspel, KKNK, Aardklop, Gariep, Jive Muslim Fest, Woodstock Live, Afrovibes (Nederland), Queens Day fests (Nederland, Bijlmer Bookfest (Nederland), Jubilee Fest, Kuierfees, Nama Goi Fees, Arniston Fees, Ek love die Vrystaat, ensv.

Hy is ook die meesterbrein agter die AIDS (Art is Doing Something) – album vir Departement Gesondheid, Boland.

Ander Omerkings

  • Titel lied vir die fliek Noem My Skollie
  • Deel van die fliek “Four Corners” se klankbaan met die lied “Complicatedft Bonzaya
  • Titel lied vir Fetale Alkohol Sindroom veldtog met “As die ma drink”
  • Titel lied vir “It takes a Village” veldtog met It takes a Village ft Meli Grey

Gemeenskap

  • Offisiele Ambassadeur vir ATKV Crescendo vir die opheffing van Afrikaanse musiek en prakties betrokke by hierdie opheffings veldtogte d.m.v. werkswinkel aanbiedings, promosie werke by skole, talent scouting, ontwikkeling asook ontplooing van hierdie talent regoor Suid Afrika.
  • Offisiele Ambassadeur vir Bazoo Kleutertydskrif en betrokke by campaigns war daarop gemik is om die lees kultuur onder ouers met kleuters te verwek.
  • Jaarliks betrokke as deel van Universiteit Stellenbosch se W.O.W. (WOorde open Werelde) skrywers besoeke aan skole regoor die Kaap en Noord Kaap waar kinders aangemoedig word om “Te Droom in Afrikaans”
  • Was vir 9 jaar betrokke by die skrywe, optredes en aanbiedings van programme vir die voorkoming van Fetale Alkohol Sindroom vir Fasfacts en bv Tienerswangerskappe, vir tieners, Swanger Vroue, Shebeen Eienaars, Plaaswerkers, Studente, Graad 6,7, en 11 leerders ensv.

Teater

  • Die Afrikaansvatter 2014 – 2016 (Eie teks en regie)
  • AllBasters 2015 – 2016 (Met dit getoer in Nederland) Eie teks en regie
  • Op ‘n ernstige Noot” ft Yoma (Eie teks en Regie)
  • 2017 – H-Kwadraat (met Die Hooflig) en God Praat Afrikaans.

Skrywes

  • Tot nou – Rubrieke vir Die Burger, Die Beeld, Taalgenoot
  • 2017 – God Praat Afrikaans (Biografie en Taalboek) Lapa uitgewers, Uit die Blou van onse Hemel (Liriek Bundel) NB Uitgewers

Radio

  • Radio omroeper – Vallei FM, Radio Sonder Grense\

 

HEMELBESEM – “Kop in die wolke, voete op die aarde”

For bookings and enquiries, contact BLM Music:
Email: info@blmmusic.co.za
Mobile: +27 82 872 5902 (Bevan)